Tong

Die tong is 'n gespierde hidrostaat

Die tong is 'n gespierde hidrostatiese orgaan op die vloer van die mond van die meeste gewerwelde diere wat kos manipuleer vir mastikasie (kou van kos met tande). Dit is die primêre orgaan vir smaak (die proe), omrede die boonste oppervlak van die tong bedek is met honderde smaakpapille.

Die tong is uiters sensitief, is ryklik van bloedvate en senuwees voorsien, en word gedurig deur speeksel klam gehou. In die mens besit die tong 'n sekondêre funksie van fonetiese artikulasie. Die tong dien ook as 'n natuurlike middel vir die skoonmaak van 'n mens se tande. Die vermoë om verskillende smake te onderskei is nie in verskillende dele van die tong gelokaliseer, soos algemeen geglo word nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search